top of page
Boeke

Lees

Blou water kleur blom

So sê Milanie se uitgewer: CUM

’n Woordsmid wat die diepste wese van ’n vrou verstaan en direk daartoe kan spreek. Dit beskryf die topverkoper-outeur Milanie Vosloo se skryfkuns in ’n neutedop.

 

Christelike Uitgewersmaatskappy se pad saam met Milanie het in 2006 begin met die publikasie van Sielskos vir die vrou wat Lééf. Sedertdien het die verhouding van krag tot krag gegaan en het daar al 15 nuwe titels in Afrikaans verskyn en 5 in Engels. Die meeste van hierdie dagboeke bied dagstukkies vir 366 dae, maar daar is enkeles wat oor 30 en 90 dae strek.

 

Met soveel boeke op haar kerfstok het Milanie al diep spore in die Christelike boekemark getrap. Haar diepgewortelde geloof gekombineer met ’n gemaklike skryfstyl maak haar een van die gewildste Afrikaanse dagboekskrywers in Suid-Afrika. Maar haar gewildheid is nie beperk tot Suid-Afrika en die Afrikaanse mark nie. Die temas wat Milanie in haar dagboeke aansny, is universeel; daarom het haar dagboeke wat in Engels vertaal is, ook sukses behaal in Amerika.

 

Milanie ken die uitdagings waarvoor vroue daagliks te staan kom. Sy weet watter eise die verskillende rolle aan ’n vrou stel, ook op geestelike vlak. Haar dagstukke is dus daarop gemik om vroue te inspireer en te bemoedig, maar ook te bemagtig om God se werk in hulle lewe raak te sien en hulle geloof eerlik en oorwinnend uit te leef, in watter lewensarena hulle hul ook al bevind.

 

Sy verstaan dat vroue ... mense ... elke dag ’n stuk inspirasie nodig het en dat dagstukke ’n genre is wat mense op ’n kort en kragtige manier kan toerus vir die dag. Dit bied die geleentheid om ’n baie groot omvang van menslike ervarings as onderwerpe te hanteer en dat sy op so ’n manier wysheid, raad, ondersteuning en aanmoediging kan gee. Haar opregte omgee en liefde vir mense spreek uit haar woorde en resoneer met vroue van alle ouderdomme.

 

Die impak wat Milanie se woorde op vroue se lewens het, is onmeetbaar. Haar dagstukke, deurdrenk met geestelike wysheid en liefde vir God, inspireer, bemoedig en begelei vroue wat hulle pad probeer vind deur die kompleksiteite van

die lewe.

 

Wat ’n voorreg om as uitgewer deel te wees van die impak wat Milanie het op die Afrikaanse lesersmark!

 

Gerda-Mari Zietsman – CUM

PHOTO-2024-04-29-07-18-11.jpg

Milanie se boek, Laat se liefde jou lei, en baie ander titels van haar by alle CUM-takke en ander uitgesoekte boekwinkels beskikbaar.

Boeke

bottom of page